Splinternuut! As gevolg van populere versoek 'n opvolg... "PSALMS 2"

1 "PSALms 2" - 2012 CD kostes
Die sukses van die Louis se toonsettings van PSALMS het almal verstom! Die reaksie van luisteraars was….”maar daar is mos NOG Psalms? Waar is die res?” Louis het aan die werk gespring en talentvolle liedjieskrywers bygehark. Die resultaat is PSALMS 2, met ‘n NOG varser klank – en hulle het dit behoorlik pienk geverf!

Liedjieskrywers wat deel uitmaak van PSALMS 2 saam met Louis sluit in Gideon Botes, Jattie de Beer, Hannes van der Walt, Zander van der Westhuizen, Ella de Wit, Corlia Schutte, & Hannes Grabe. Daar is ook lekker liedere wat gemeentes sal kan sing vir die Here, so reg uit Sy Woord uit. Kyk uit vir Psalm 84 en Psalm 136 vir groot lofliedere!
 
2 "In verwondering" - 2012 CD en dvd kostes

Volg Louis Brittz, Retief Burger, Neil Buchner en Helmut Meijer se spoor deur Sutherland se strate en sien hoe die sterrehemel, landskappe en mense van die Karoo, hulle betower. Sien hoe hulle die kleure en klanke van die Karoo vasvang en teen behoorlike tempo nuwe liedjies skryf en opneem.

IN VERWONDERING is die musiek wat oor die verloop van 3 dae deur Louis, Retief, Neil en Helmut geskryf is en deur hulle opgeneem is. Wat jy ook al verwag, wat jy gaan hoor is iets heeltemal anders. Ryk lirieke en heerlike melodieë wat eenvoudig nie alles in 3 dae gebore kon wees nie – maar dit is. Goddelike inspirasie en Sy hand is in elke frase te hoor wat meesterlik uitgevoer word deur van ons land se mees begaafde Christen kunstenaars.

 
3 "PsalmS" & "en ander liedere" - 2011 dubbel CD kostes
So, vir die eerste keer in ses jaar is Louis Brittz terug aan die kant van die mikrofoon waar ons hom leer ken het en waarvan ons hou. Die splinternuwe opname van Psalms en ander liedere is pas vrygestel en die musiek is, soos oudergewoonte, fantasties. Die nuwe album bestaan uit Psalms direk uit die Bybel, musikaal verwerk deur Louis en dit val vriendelik op die oor. Hierdie dubbel CD sluit die beste van Louis Brittz se treffers oor die afgelope agttien jaar in, alles verwerk vir beter klank en kwaliteit. Jy gaan die album baie geniet en nie gou ophou luister aan al die treffer nie. Dis vars en anders en onverwags ! [ koop aanlyn ]
4 "ons koning kom!" - daniel manne konferensie 2009 cd & dvd kostes
Loof en Aanbid die Here saam met 6500 manne!  Hierdie CD en DVD is opgeneem tydens die 2009 Daniël Manne Konferensie.  Die volle DVD-stel met boodskappe deur Graham Power, Peter Pollock, Angus Buchan, Dirkie van der Spuy, Bennie Mostert en Peet Grobelaar is ook bekombaar.  Wees deel van 'n skare wat uitroep:  Suid Afrika, Ons Koning kom! [ koop aanlyn ]
5 "ons draai terug!" - ester vroue konferensie 2009 cd & dvd kostes
Loof en Aanbid die Here saam met 7500 vroue!  Hierdie CD en DVD is opgeneem tydens die 2009 Ester Vroue Konferensie.  Die volle DVD-stel met boodskappe deur Elza Meyer is ook bekombaar.  Wees deel van 'n skare wat uitroep:  Suid Afrika, draai terug na God! [ koop aanlyn ]

 

 

 

what's new | home | contact us

 

copyright 2009 Louis Brittz. All rights reserved. | Design Cloud 7 Designs