Louis Brittz has produced a number of gospel albums - here are a few highlights :
[ koop cd ] "ons koning kom!" - daniel manne konferensie 2009 cd & dvd
Loof en Aanbid die Here saam met 6500 manne!  Hierdie CD en DVD is opgeneem tydens die 2009 Daniël Manne Konferensie.  Die volle DVD-stel met boodskappe deur Graham Power, Peter Pollock, Angus Buchan, Dirkie van der Spuy, Bennie Mostert en Peet Grobelaar is ook bekombaar.  Wees deel van 'n skare wat uitroep:  Suid Afrika, Ons Koning kom!
[ koop cd ] "ons draai terug!" - ester vroue konferensie 2009 cd & dvd
Loof en Aanbid die Here saam met 7500 vroue!  Hierdie CD en DVD is opgeneem tydens die 2009 Ester Vroue Konferensie.  Die volle DVD-stel met boodskappe deur Elza Meyer is ook bekombaar.  Wees deel van 'n skare wat uitroep:  Suid Afrika, draai terug na God!
[ koop cd ] luidkeels
Luidkeels is nie ‘n versameling liedjies nie. Dis die kreet van ‘n nuwe generasie aanbidders. Rou, passievol, diep en beautiful! Dis lof, dis aanbidding, dis bediening en dis so eg soos suiwer goud.
‘n CD wat elke kerk reg oor die land behoort te hê, want die jeug het nog nooit gesing soos saam met hierdie CD nie. Dit sluit boonop ‘n bonus DVD in. Leeu van Juda het die Afrikaanse kerk se volkslied geword.
[ koop cd ] luidkeels hersien [ koop dVD ]
Hersien beteken “kyk weer!”. Retief en Leza se boodskap is: Kyk weer na die kruis! Kyk weer na God se hart! Kyk weer na die kerk! Hierdie boodskap is vasgevang in 14 nuwe liedere en lewendig opgeneem met ‘n 7-stuk orkes. Louis Brittz en sy span tegnici het die produksieleiding waargeneem en die opname skuif ‘n hele paar grense. Retief en die band speel in die middel van die ‘n groot saal op ‘n lae verhoog, omring deur aanbidders wat saamsing. Hulle kyk na binne terwyl hulle sing en speel, na die middel van die verhoog waar ‘n 5 meter-hoë kruis oor hulle uittroon. Die kruis draai in die rondte en skyn met helder kleure. Die pruduksie begin met die gehoor wat alleen dreunsing: “Hoor die lied van die kruis” en dan trek Retief en die manne weg met lofprysing wat “Leeu van Juda” na ‘n begrafnis laat klink. “Die kruis staan steeds oor alles!” jubel Retief dit uit…
[ koop cd ] luidkidz [ koop dVD ]

‘n Lof en Aanbidding ontploffing vir “pre-teens” wat lief is vir die lewe en wil sing oor Jesus wat al die lof moet ontvang. Kom juig saam met honderde kinders en hou niks terug nie! Hierdie lewendige opname van LUIDKIDZ gaan jou hart warm laat klop en jou lyf aan die beweeg kry! Kom sing dit en leef dit!
Die DVD sluit in:

  • Al 12 LUIDKIDZ liedjies met hope energie, klipharde lof en diepe aanbidding!
  • Agter die skerms: die LUIDKIDZ storie.
  • Dans, dans, dans… leer die ‘moves’ aan!
  • Vir jeugwerkers: leer hoe om die LUIDKIDZ DVD optimaal te gebruik in jou eie kerk!
[ koop cd ] loftus vir jesus [ koop dVD ]

Op 19 Julie 2008 was Loftus Versveld ‘n katedraal. God se teenwoordigheid het ‘n rugbyveld in heilige grond verander. Op ‘n onsigbare troon het jesus Christus die ereplek beklee by ‘n fees waarheen Hy sy bruid genooi het.

Hierdie DVD nooi jou uit om daarvan deel te wees, want Hy het jou plek voorberei…

[ koop cd ] duisende daniËls aanbid
Prys die Here wat ons land deur Sy Gees besoek met ‘n herlewing onder manne! Die Daniël Konferensie by NG Gemeente Moreleapark in Maart 2008 was ‘n voertuig wat die Here gebruik het om hierdie verdieping te help lanseer – en dit was ‘n geleentheid om die lof en aanbidding van sowat 4000 manne vas te vang. Laat jou lof saam met duidende Daniëls opklink, en weerklink dit saam met hulle deur ons land: “Net voor U, net voor U my God, sal ek val!!!”
[ koop cd ] by die kruis
Die Kruis is ons begin! Daarom het 11 kunstenaars en vriende elkeen ‘n nuwe lied (of nuwe weergawe van ‘n ou lied) oor die kruis en opstanding van Jesus na die ateljee gebring. Die resultaat is ‘n diamniese musikale viering van Christus se dood en ons LEWE. Vier dit hiermee saam met ons.


 

 

what's new | home | contact us

 

copyright 2009 Louis Brittz. All rights reserved. | Design Cloud 7 Designs